WOON Huis 9 Volle Kleur
Dekorstories

WOON: ’n Huis vol kleur

Neill en Cornel Strydom woon in die ongerepte Swavelpoort, Pretoria. Hul tuin is grasse en inheemse grasse. Hul huis is vol kleur, kinders en oulike honde. 

Deure wyd oop

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die leefvertrek loop uit op die ongerepte tuin wat lei na ’n waterstroompie.

Nie bang vir kleur

Die formele sitkamer is kleurvol, maar tog so stylvol. Cornel gebruik suurgeel gordyne treffend  saam met die grys mure en turkoois bank, sy is ook nie bang om patroon te meng (kyk die koeivel en pienk ottoman). Die oranje stoele is met groot badhandoek gestoffeer!

Kyk vir hond se kind

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Chloe, die windhond het haar tuisgemaak langs die tafel en het rustig dopgehou wat aangaan.

Prakties en mooi

Daar is min ingeboude kaste in die kombuis. Hulle het baksteenmuurtjies gebou waarop gesnyde marmerblaaie rus. Houtrakke is tussen die mure, agter die gordyne, gemonteer. Waar daar wel ingeboude kaste is, het hulle  handvatsels van inheemse hout (uit die tuin) gemaak. Selfs die leer, wat by hoë kaste en rakke moet bykom, lyk pragtig teen die muur opgehang. Die vloerbedekking is plavleiblokke van Colonial Stone.

Kalmte

Die hoofslaapkamer en badkamer is in kleure van die natuur. Ook hier is groot deure wat oopgly en uitkyk op die ongerepte landskap.

  • Anel

    Wat is die kleur van die buitemure van die huis??

    • Lucelle van SARIE

      Hi Anel, die SARIE-span het vir die huiseienaar gevra, en sy gaan vir jou uitvind. Ons sal jou laat weet!

      Groete!

    • Lucelle van SARIE

      Hi Anel – ons het vir jou uitgevind. Die kleur van die mure is Dulux Night Jewels 3 of OONN 20/000. Stuur vir ons ‘n foto van jou huis sodra jy klaar geverf het!