voel1-570x380
Dekorstories

Nie net vir die voëls nie

Daar is iets bekoorliks aan ’n voëlhuisie. Dit laat jou warm en knus voel en kan ook ’n unieke dekor-element in jou huis wees.

1. Teen die muur

Corné Strydom van Romo Fabrics het haar woonvertrek met voëlhuisies versier. Sy het hulle oor ’n paar jaar versamel.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

2. Maak dit van skoenbokse

Plak die skoenboksdeksel vas aan die boks en trek met ’n potlood twee identiese spitsdakke aan die voor en agterkant. Knip ’n strook karton breed en lank genoeg vir ’n dak. Sny ’n klein gaatjie aan die voorkant en trek dit oor met papier of materiaal.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

3. Kies dit vir jou slaapkamer

Dit pas perfek in hierdie slaapkamer met die natuurtema. Die houthuisie is by ’n straatmark gekoop.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

4. In die tuin of op jou balkon

Dit maak ’n mooi kleurkol in jou tuin en sal voëls lok. Verf dit in ’n helder kleur.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

5. Gee insekte ook ’n kans

By kwekerye sal jy sulke gogga-huisies te koop kry. Insekte en voëls speel ’n belangrike rol in jou tuin en as jy nie ’n tuin het nie, lyk dit alte mooi as jy dit êrens ophang.

voel5

FOTO Willem Lourens

Lees nou

Planne vir jou agterplaas (of balkon)

5 slim truuks vir ’n sjiek slaapkamer

5 goed om jou huis trendy te maak