FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Dekorstories

Geskenk in ’n blik of boks

As jy raadop is met geskenke uitdink, pak gerus ’n blikkie of boksie vol met ’n paar interessante goed. 

1. Vir die onthaler

Afdelingswinkels het dikwels die mooiste breekgoed. Pak ’n stel borde in ’n ronde boks en voeg ’n pakkie mooi lapservette hierby.

blikboks1

FOTO Donna Lewis

 

2. Vir die skrywer

Al is dit die digitale era, moet jy tog soms ’n kaartjie skryf of ’n pakkie mooi toedraai. Gebruik ’n mooi boks en stewige karton om so ’n skryfbehoefteboks te maak. Maak afskortings uit die stewige karton wat jy met kontakgom vasplak en vul dit met mooi potlode/penne, geskenkkaartjies, klein stempels en ’n skêr.

blikboks2

FOTO Donna Lewis

 

3. Vir die bakker

Jy kry die mooiste kolwyntjiehouers in kruidenierswinkels te koop. Voeg hierby bv. ’n stel koekiedrukkers en ’n pakkie verjaardagkersies. Plaas dit in ’n mooi blikkie of boksie.

blikboks3

FOTO Donna Lewis

Lees nou

Dekor – die moets en moenies

Maak reg vir somer

Maak pakplek mooi