FOTO Ryno

FOTO Ryno

Maak dit self

Gee ou plantpotte nuwe lewe

Ons hou almal van ’n vetplantjie of kruie in ’n mooi pot. Met ’n paar stroke lap kan jy maklik nuwe lewe blaas in ou planthouers. Jy kan selfs ’n blikkie gebruik waarin jy ’n gaatjie in die bodem kap. Plaas dit in ’n groepie saam om die aandag te trek.

Benodigdhede

1. Ou plantpotjies of selfs blikkies

2. Bont katoen-oorskietlappies

3. Modge Podge (te koop by stokperdjie- en die meeste verfwinkels)

4. Kwassie

Maak só

Was jou planthouers in warm water en laat goed droog word. Plaas koerantpapier op jou werkvlak. Knip lap in stroke. Neem een vir een en verf met ’n dik laag Modge Podge. Plak rondom die buitekant van die pot in rye wat oorvleuel, maar laat gaatjie in bodem oop vir water om uit te loop. Vryf lappies goed plat om alle blase te verwyder. Verf nog ’n laag Modge Podge oor en laat heeltemal droog word. Was die kwas skoon in seepwater. Die pot is nou gereed om iets in te plant.

Lees nou

Brei ’n maklike blokke-kombers

Laai jou kalender vir Julie af

Brei ’n snoesige warmwatersak – in een aand