fout2 (1)
Dekorstories

Herstel dekorfoute

Hier is ’n paar algemene wenke wat jy kan toepas as jy weet daar skort iets in jou vertrek, maar jy kan nie jou vinger daarop lê nie.

1. Plasing van ’n groot rusbank

Dis ’n mite dat jou rusbank altyd met sy rug teen die muur moet staan. In ’n groot leefvertrek kan dit suksevol as kamerverdeler gebruik word. In dié vertrek baken dit die binneste sitruimte af van die buite-leefarea.

fout1

FOTO Ryno

 

2. Demp die geraas

Moderne oopplanvertrekke is geneig om raserig te wees met al die harde oppervlakke wat gebruik word. Sagte materiale soos matte en gordyne is goeie klankabsorbeerders. Vir dié oopplan-kombuis-eetkamer is gordyne gekies in ’n effekleur wat aansluit by die algemene kleurskema van die area.

fout2 (1)

FOTO Johann Lourens

 

3. Groepeer volgens temas

As jy ’n versamelaar is, is dit belangrik om orde te hou deur items volgens soort en kleur te sorteer en sό uit te stal. Dit sal ’n groter impak hê en meer strelend op die oog wees. Die eienaars van die vertrek het blompotte volgens kleure op ’n boekrak gerangskik en daarbo muurprente gehang wat pas by die plant- en blomtema.

fout3

FOTO Henk Hattingh   

 

4. Te veel hout

Huise met houtvloere kan somber lyk as al die meubels ook van natuurlike hout is. Breek die voorkoms met iets soos ’n geverfde tafel of kas. Groot los matte met ’n glyvaste ondermat sal ook help.

fout4

FOTO Henk Hattingh

 

5. Gee energie

Soms voel ’n vertrek net te beige.  Soek iets in rooi, soos die kassie hier. Dit is die kleur wat die toets van die tyd weerstaan het, ongeag al die nuwe tendense.

fout5

FOTO Ryno

Lees nou

5 dekor-idees vir mans

Dekor vir winterwarmte

5 dekorplanne met ou jeans