FOTO Ryno

FOTO Ryno

Maak dit self

Herwin plastiekbottels met blare

Dra jou deel by tot herwinning met ’n afgesnyde plastiekbotttel as basis en ’n paar vars blare uit jou tuin. Dit maak ’n besonderse geskenk met ’n mooi vars bossie blomme of kruie in.

DOEN DIT SO

Sny die bokant van ’n ou koeldrankbottel of melkhouer af. Kies stewige blare wat nie gou sal verwelk nie, soos klimop of vibirnum, en sny die stele af. Werk van bo na onder en plak met alkantkleefband (double-sided tape) ’n strook om die bottel. Plak die blare sodat dit effens oorvleuel. Plak nog ’n strook kleefband en gaan so voort in rye totdat die hele houer met blare bedek is. Dit sal maklik 10 dae hou, afhangend van die soort blare. Rangskik blomme en takke in die houers.

Lees nou

Hier’s die boom van die jaar!

Nooi lente binnetoe

Waar staan my meubels in ‘n klein vertrek?