Herwin1
Dekorstories

Herwingoed word ontwerpersgoed

Kunstige mense en werkskeppingsprojekte maak dekor-items met ’n unieke Suid Afrikaanse karakter uit afval soos papier, draad, indringerhout, been, vel en veel meer. Dit raak nou wêreldwyd gesog en ons is almal trots daarop.

1. Afrika van ou boeke

Die papierkunstenaar Keri Muller van Simple Intrigue gebruik ou boeke om Afrika- kunswerke te skep wat teen die muur kan hang.

Herwin1

FOTO Ryno

 2. Papier-mâché-bakke

Die Wola Nani-werkskeppingsprojek ondersteun vroue met MIV/vigs en word van herwonne papier se pulp gemaak. Dit word kunstig afgerond met  gekleurde papierstroke wat mooi patrone vorm en aan Afrika-kuns herinner.

Herwin2

FOTO Ryno

3. Ligte van indringerhout

Houtproteas deur straatkunstenaars word oral op markte en langs die strate verkoop. Die huiseienaar het die blomme op die foto self uitgehol en geëlektrifiseer om hangligte te maak.

Herwin3

FOTO Ryno

4. Proteas van draad en papier

Kunstige werkers by Freshly Ground gebruik die blaaie van ou boeke om papier-proteas te maak. Draadkunstenaars van Streetwires maak weer hangligte in die vorm van proteas.

Herwin4

FOTO Ryno

5. Uit die natuur

’n Saggebreide beesvel kry ’n nuwe funksie as indrukwekkende mat in ’n voorportaal. En twee paar bokhorinkies dien as enigste versiering teen die muur. Niks sê meer Afrika as dit nie.

ss0603bekker1.tif

FOTO Inge Prins

 

Lees nou:

Blik-aspaai

Bad, salige bad

Rakke vir die kombuis