FOTO Ryno, vir Granny Goose

FOTO Ryno, vir Granny Goose

Dekorstories

Só kies jy die regte duvet

Die dae van ’n swaar vrag komberse wat jou soggens moeg laat opstaan, is verby. Deel van die resep vir ’n goeie nagrus is om die regte duvet aan te skaf. Dinge soos allergieë en die diepte van jou beursie sal beslis jou keuse beïnvloed. Die vulsels wissel van veerligte gansdons, eenddons, dons-en-vere-mengsels tot ’n verskeidenheid sintetiese vulsels. En hoe ligter die duvet, hoe duurder is dit. Hier’s ’n paar wat ons aanbeveel, plus wenke.

Duvet1

FOTO Ryno

 

1. Vierseisoene-duvet van suiwer gansdons

As jou begroting dit toelaat, is dié duvet die heel beste wat jy moontlik kan koop.  Gansdons is die beste isoleerder van alle natuurlike vesels. Die vierseisoene-duvet bestaan uit 2 duvets (een ligter as die ander) wat aanmekaar vasknip. Saam is die twee snoesig vir die winter en die enkele ligter duvet is net reg vir die somer.

duvet3

FOTO Ryno, vir Granny Goose

 

2. Duvet met dons-en-vere-mengsel

Dit is effe swaarder as n duvet van suiwer dons – bestudeer die etiket en koop verkieslik een met ’n hoër persentasie dons. Kies n duvet wat met genoeg sirkels, vierkante of panele deurgestik is. Dit help dat jou duvet-vulsel eweredig versprei bly.

duvet4

FOTO Ryno, vir Granny Goose

 

3. Duvet met sintetiese vulsel

Kies die ligste van die sintetiese vesels wat jy kan vind. Die gevoel daarvan boots natuurlike vulsels goed na en dis heeltemal allergievry. Die duvets is ook relatief goedkoop en kan in die masjien gewas word.

 

Het jy geweet?

• Dons en vere word gewas en gesteriliseer voordat duvets gevul word.

• Duvets word gemaak van donsdigte materiaal waarvan die draadtelling ten minste 230 (= 230 weefseldraadjies per 2,5 cm) en hoër is, so dons en veertjies kan nie daardeur kruip nie.

• “Tog value” meet die warmte van die duvet tot die gewig. Hoe hoër die waarde, hoe warmer en ligter.

Versorging

• Moenie jou duvet in n verseëlde plastieksak bêre nie. Dit moet kan asemhaal.

• Hang nou en dan jou duvet in die buitelig uit.

FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

 

Lees nou

’n Bietjie rooi maak baie mooi

Aankondiging: Kleur van die jaar vir 2017

Brei ’n trendy flamink-kussing