FOTO Johann Lourens

FOTO Johann Lourens

Dekorstories

5 mooiste kantore vir jou huis

Elke huis moet ’n hoekie of spasie hê waar jy kan sit en werk, of jou huisadministrasie kan doen. Jy benodig nie ’n hele vertrek nie, maak dit deel van ’n leefarea, of selfs ’n breë gang. Hier is ’n paar wenke om een in te rig:

1. Skep orde met bokse en ’n aansteekbord. Trek ’n gespande kunstenaarsdoek oor met ’n mooi stuk lap en kram dit aan die houtraam vas met ’n kramgeweer. Speld al jou mooi kaartjies hieraan vas. Skaf ’n paar bêrebokse aan vir rekeninge, of trek stewige skoendose oor. Merk die inhoud met ’n etiket. Soortgelyke lessenaar beskikbaar by Pedersen & Lennard.

Kantoor1

FOTO Ryno

 

2. Dis maklik om jou kantoor rond te skuif as die boekrak en een bokkiestut op wieletjies is. ’n Dik glasblad en spookstoel gee dit ’n kontemporêre gevoel.

kantoor2 (1)

FOTO Ryno

 

3. ’n Skuins dak skep altyd ’n ongemaklike area, maar dis ideaal vir ’n lang, smal lessenaar waar ’n mens hoofsaaklik sit. Vir ’n boekrak teen die muur is ’n soliede dik plank gebruik en as sweefrak met ’n rawlbout teen die muur geïnstalleer.

Kantoor3

FOTO Johann Lourens

 

4. ’n Tuiskantoor kan ook intiem wees met familiefoto’s en aandenkings. ’n Antieke kas met laaitjies maak liassering maklik.

kantoor4

FOTO Ryno

 

5. Selfdoenwinkels (soos Builders Warehouse) verskaf al die nodige vir ’n tuiskantoor. Al wat jy moet doen, is om jou spasie uit te meet en op papier te beplan, sodat jy presies weet wat om te koop. Elfa Storage Solutions bied ’n wye verskeidenheid rakke, mandjies, ens. om uit te kies. Skaf ook ’n gemaklike kantoorstoel op wieletjies aan.

Kantoor5

FOTO Verskaf

Lees nou

Steek die kerse aan

Versier uit die natuur

Maak ’n bedkopstuk – in ’n dag!