FOTO Taylor Blinds & Shutters

FOTO Taylor Blinds & Shutters

Dekorstories

Maak jou badkamer nuut – 6 idees

’n Badkamer vra elke 12 tot 15 jaar vir vernuwing, maar dis nie nodig om altyd alles uit te breek en oor te doen nie. Hier is ’n paar idees wat dalk vir jou kan werk.

1. Nuwe krane en tweeling-wasbakke

As jy ’n badkamer moet deel, is dit die toppunt van luuksheid om twee afsonderlike wasbakke te laat installeer. Belê in die beste krane wat jy moontlik kan bekostig, soos dié van Axor. Laat ’n geregistreerde loodgieter net vooraf vasstel of jou waterdruk voldoende is vir krane met nuwe tegnologie.

Axor_Citterio_E_Ambience_Washbasin_Joystick

FOTO Axor

 

2. Veilige vensters

Haal die ou gordyntjie af en laat installeer aluminiumhortjies vir die venster. Dit sal dadelik die badkamer ’n moderner voorkoms gee en dien terselfdertyd as diefwering.

_MG_9312 - Copy

 

3. Skoon lyne

As jy moeg is om elke seisoen die voegbry van teëls skoon te skrop, is ’n soliede Neolith-paneel die antwoord. Dit is ’n sinter-verdigte oppervlak en bied die nuutste tegnologie in oppervlakmateriale vir badkamers en kombuise.

THESIZE SURFACES - NEOLITH  Almassora - Castellón - Spain

FOTO Neolith

 

4. Vintage-spieëls

Elke badkamer moet ’n spieël hê. En as die vintage-voorkoms jou ding is, kan dit baie mooi lyk as jy ’n hele groepie saam teen ’n muur hang. Bathroom Bizarre se nuwe reeks is in ’n verskeidenheid vorms en groottes beskikbaar. Besoek Bathroom Bizarre vir jou naaste verskaffer.

Hiresspieels

FOTO Bathroom Bizarre

 

5. Dis alles in die detail

’n Paar stylvolle badkamer-bykomstighede soos nuwe handdoekrelings en seephouers sal sommer ’n groot verskil maak. Pryse wissel vanaf R300 vir ’n seephouer tot R900 vir ’n dubbele handdoekreling, alles van Handles Inc. Besoek Handles Inc vir jou naaste verskaffer.

Handles_bathroom_variety_MR

FOTO Handles Inc

 

6. Hoëgehalte-bykomstighede

Maak seker jy koop badkamer-bykomstighede van hoëgehalte- vlekvrye staal. Bathroom Butler het ’n groot verskeidenheid om uit te kies, soos dié seeprak vir R556. Besoek Bathroom Butler vir jou naaste verskaffer.

BButler1

FOTO Bathroom Butler

Lees nou

Só lyk die Afrika-trend

Dié prins hou van pienk

Dekor-trend: Knoopdetail & kwiltwerk