2012_07_01_12.08.00
Julle hoekies

anel

Ons praktyk se kinderhoekie het geverfde “candy stripes” – ek was van die begin af mal daaroor. Nadat ons in ons nuwe huis ingetrek het, het ek behoorlik gesoek vir ‘n muur wat kan “candy stripes” kry. My man het my een aand met sy nuwe “chalk line” gehelp om dit te verf.

Die kas is ‘n regte aangee-item. Dit was oorspronklik oorgetrekte hout. Ek het terwyl my man op ‘n fietstoer was, besluit ek moet besig bly en dit toe geverf en nuwe handvatsels aangesit.

My ouma se huisie is propvol en na ons laaste kuier by haar, het ek haar silwer teestel gekry. Dit moes ‘n spesiale plekkie kry, want ek is versot op teedrink. Die nuwe kas was net die plek.

Die muur het egter kaal gelyk en ek wou graag bietjie kleur inbring. Die spieel was perfek, maar dit was roomkleurig. Ek kon ook nie die regte pienk spuitverf kry nie en het my eie pienk verf gemeng en met die hand geverf. Ek het dit aspris so na links gehang – my ma noem dit die “artist flaw”.

Die kratte onder die kas het ek al van studentedae af. Daarbinne is tydskrifte, braahout en kerse.

Die tulpe het oorgebly nadat vriende se dogtertjie gedoop is – dit het eintlik so half die foto geinisieer. Wat ‘n bonus toe ek lees van SARIE se hoekies!

Die hoekie is in die middel van ons eetkamer, stoep- en leefvertrek en ek sien dit selfs van die kombuis af. Dit verskaf sowaar vir my baie plesier.

Sien ander hoekies/vertrekke