Julle hoekies

Ansie Bell

Ek is ‘n groot versamelaar!

Ek is mal daaroor om hoekies in ons huis te skep met al ons bymekaarmaakgoed. Dit gee my elke dag die grootste plesier, gaste het veel te se en selfs my man hou al daarvan!

+My “koffers” kom van heinde en verre en as elkeen van hulle maar net hul storie kon vertel!

+My blikversameling het meer as 20 jaar terug begin en het hul staanplek nou in my kombuis gevind. Ek onthou baie van hulle se stories. Dis nogal ‘n groot besprekingspunt vir gaste wat kom kuier.

+Ons moes ‘n voorportaal skep en het ‘n venster vervang met ‘n deur. Die tafeltjie is van wynvatribbes en vloerplanke en selfs my trourok van toeka en ook ou winkelpopkinderlywe het hulle plekkie hier gekry.

Sien ander hoekies/vertrekke

  • Susannah Knowles

    … en julle moet die res van die huis sien!