02_20spesiale_20kombuis
Julle hoekies

Beminde Jacobs

Omdat almal altyd om my Aga-stoof kuier in die winter en ek die OU atmosfeer wou behou, het ek besluit om iets anders in my kombuis te doen as die gewone. Ek is n regte deurmekaar kunskop en toe ek eendag n email kry oor die Christelike Boodskap van n Coke-blikkie, het dit dadelik my verbeelding aangegryp en ek het besluit om my kombuis die Coca Cola tema te gee. Ek het my kombuis n diep donker groen geverf, wat baie wenkbroue laat lig het en het die kaste roomkleurig geverf. Toe het al die Coke Goodies en nog baie rooi bygekom. Dit het die vertrek sommer onmiddelik opgevrolik.

Van oraral, Griekeland, Portugal, Egipte, Italie, china en elke uithoek van die wereld is geskenkies na my toe aangedra en elke geskenkie het sy staanplek of hangplek gekry.

Ek besluit toe dat my kombuis n naam moet kry en so word dit toe Beminde se kombuis. Gepreseerveerde geskenkies,gebak ens maak ek met baie liefde in die kombuis, met n spesiale Coca Cola plakker met my naam, sodat die ontvanger weet dat ek dit in my kuierkombuis gemaak het. Toe kort ek n Coca Cola naambord en reel om een te kry wat ek moes gaan afhaal by die fabriek, maar dit beland toe tussen aflewerings wat in ons dorpie gedoen word en daar is al die kaffee eienaars en eetplek eienaars toe summier kwaad omdat ek NOG n eetplek wil oopmaak. Dit het mooi verduidelik gekos om hul te kalmeer, maar vandag lag almal wat om my gesellige groot ou tafel sit nog oor die petalje. Beminde se kombuis is n vrolike en gesellige vertrek en as iemand vir n eerste keer daar kom kuier wys ek dadelik waar die ketel is en DAN kuier ons op ons lekkerste.,

Sien ander hoekies/vertrekke