Julle hoekies

Carla van der Westhuizen

Soos deur my moeder se afdrukke is ek ook n Idees leser en geniet ek die insperasie baie, daarom wil ek ook die volgende met julle deul wat my moeder vir my gemaak het vir ons eerste dogter’tjie wat in November gebore is, en ook ouma se eerste kleinkind en n finalis is die eerste kreatiewe Idees kompetiesies met haar Denim kussings, nadat ek in n Januarie uitgawe gelees het van iemand wat wil weet wat om met hulle materiaal sakdoekies te doen. Van jonks het my moeder elke jaar by haar oumas n sakdoekie gekry vir kersfees en die sakdoekies is in n blikkie gebere elke Kersfees uitgepak en moeder het op n droom reis gegaan, vandat ek kan onthou het ek altyd die sakdoekies bewonder dit was die mooiste sakdoekies, mamma het altyd gese as ons haar gevra het wat sy met die sakdoekies gaan doen het sy gese sy gaan vir haar eerste dogtertjie kleinkind n lappies kombers maak, en dit het so gebeur ouma se eerste klein meisiekind is gebore en ek is op my ooievaarstee verras met die pragtigste kombers vir Mikyala se kamer. My moeder se eerste kleinkind is gebore op my ouma my moeder se ma se verjaarsdag. Maar dit het nie gestop nie my meisiekind slaap in n droom kamer ouma het vir haar vlaggies gemaak wat haar naam spel wat in haar vensters hang en ook die mooiste sprokies meskiet net oor haar kot my meisiekind slaap in n sprokies kamer en ek kon vir niks mooiers gevra het vir my meisiekind se kamer nie. En daarom wil ek dit met julle deul, Baie dankie n Idees leser danksy my moeder.

Sien ander hoekies/vertrekke