christel_slaapkamer
Julle hoekies

Christel Jansen

Ek is ‘n ‘closet interior decorator’ en dit verskaf my oneindige vreugde om my persoonlike stempel op my blyplekkie af te druk. Oral waar ek gaan, is ek op die uitkyk vir ietsie moois, oorspronklik en spesiaal en loop ek dit wel raak, sorg ek dat ek ‘n geskikte gaatjie/muur/oppervlak daarvoor vind.

Dit is moeilik om my styl neer te pen, maar ek dink ‘n goeie beskrywing is moderne ‘country’ met ‘n ‘shabby chic vintage twist’.

My slaapkamer is ‘n toevlugsoord in sagte pastelkleure (met hier en daar ‘n spatsel cherise pienk).Die houthaak met uitgekerfte engel bokant die bed waaraan verskillende hartjies hang, is my absolute gunsteling.

Sien ander hoekies/vertrekke