img_20130523_00121
Julle hoekies

Cynthia Hanslam

Ek is van jongs af lief vir blou ornamente, maar veral die holandse porselein. Met die jare het ek geskenkies gekry en self ook goedjies raakgeloop wat vir my mooi is. Toe ek onlangs my oorlede Ma se “sideboard” kry, het ek my goedjies daarin gepak. ‘N versamelinkie groei mos maar so ongemerk. Koppies by ‘n tweede handse winkel, vlooimark bordjies, geskenk eendjie sout-en-peperstel en Mosselbaai-mark-lanterntjies. Vir myself het ek die twee besoekertjies by ‘n apteek gekoop; hulle pas my hoekie op.

Sien ander hoekies/vertrekke