Julle hoekies

Gerrie Scholtz

My Storie gaan oor n kombers eerder as n hoekie in die huis. Toe my ma oorlede is 2 jaar gelede, het sy vir my n sak vol halfgebreide hangeroortreksels gelos. Ek het die wol gebruik en van elke oortreksel n blokkie gemaak. Dit was vir my terapie en deel van my rouproses…om n nuwe skepping uit Ma se wolletjies te tower. Later het my vriendinne hulle oorskietwol ook gebring en wat as n klein kombersie begin het het later 1968 blokkies geword! Dit het my amper 2 jaar geneem om die kombers te voltooi, maar dit is nou n stukkie herinnering aan my ma en my vriendinne, en terapie wat nogsteeds troos oplewer as ek my toewoel in n kombers van liefde en onthou.

Groete

Gerrie Scholtz

Sien ander hoekies/vertrekke