Julle hoekies

Helana du Toit

Ons bly op ‘n plaas in die pragtige Overberg. Ek glo jou huis moet die plek wees waar jy na ‘n besige dag, jou skoene kan uitskop en heerlik ontspan. Ek het ‘n swakplek vir mooi lap en maak gedurig nuwe kussings. Die oues word natuurlik in die kas gedruk vir “later”! Hier is ons slaapkamer. Ek het die “dugg-egg blue” as hoofkleur gekies en lank gesoek vir die spesifieke lap vir die kussings en stoel. Die kopstut bokant die bed het ek plaaslik laat oortrek. Ek is ook mal oor die ou verweerde rame en orals in die huis hang dit met foto’s van ons 3 kinders.

Sien ander hoekies/vertrekke

  • Esta van Niekerk

    Helana, dit is pragtig! Ek hou van al jou fotos veral jou julle kamer! Julle is baie gelukkig om in die pragtige Overberg te kan bly. Ek is in Pta, maar my hart trek met ‘n punt Kaap toe! Ek hou van jou styl en die vintage wat jy inbring!

  • Este

    Hi Helena………..ek is MAL oor die materiaal van die kussings en stoel. Ek bly in Bloemfontein en kan nie vir jou se hoe lank soek ek al na so ‘n duck-egg lap met pienk in nie! Sal jy dalk met my deel waar ek dit kan bekom? Groete Este (bfn@hairtech.co.za)

  • Helana du Toit

    Hi Este, dis Hertex se lap en dis lekker wyd(240cm).