Julle hoekies

KaRen Kelly

Ek is mal oor die huidige swartbord muur tendens en wou of ‘n swartbord muur agter ons eetkamer tafel of in ons slaapkamer he. Die probleem was egter dat ons eetkamer, reeds ander donker mure het . Ons is bevoorreg dat ons slaapkamer redelik groot en baie lig is. Boonop is die beddegoed en ander meubels ook wit.

Die transformasie van die slaapkamer het eintlik alreeds’n ruk gelede begin, maar dit het bietjie langer geneem om te voltooi as wat aanvanklik beplan is. My man het in September 2012 vir my ‘n ou koper bed vir my verjaarsdag gekoop. Ek was sooo opgewonde oor die vonds, aangesien ek nog nooit ‘n bed met ‘n kopstuk gehad het nie. Ons het eers probeer om dit self af te skuur en vir verfwerk voor te berei. Halfpad deur die skuurdery, het ons besef dat dit nogal ‘n groot werk sou wees. Uit moedeloosheid het ons ‘n vriend wat ‘n paneelklopper is, gekontak en hy het ingestem om die bed vir ons aft e skuur en te verf. Nou is die ‘nuwe bed’ ‘n fokuspunt in ons kamer.

Ek het ook ‘n ou naaldwerk tafel geërf, wat ek in ‘n spieëltafel wil omskep. Die bedkassies was ‘n trougeskenk van Biggie Best en komplimenteer ook die nuwe voorkoms. Die stoel het ek onlangs by Boardmans se halfprys uitverkoping gekoop!

Die swartbord verf wat gebruik was Plascon ‘schoolboard’ verf. Dit verf baie soos ‘n gewone muur verf en ‘n 500ml blikkie dek sowat 7 vierkante meter.

Sien ander hoekies/vertrekke