Julle hoekies

Konni Muhl

Ek het onlangs in die simplex alleen ingetrek. Hierdie was ‘n formele sitkamer en was eenkant van die res van die huis. Deur ‘n enkele muur uit te breek, het ek nou ‘n wonderlike groot woonvertrek. Ek hou van skoon europese lyne en die inrigting. Ook is ek lief vir sterk kleure. Tog moet my huis warm, gesellig en snoesig wees. Modern en huislik, schick en tog gemoedelik. Ek het alle mure self geverf en so stadig bietjie vir bietjie my droomsitkamer binne 2 maande tot stand gebring. Ek hoop u hou ook daarvan.

Sien ander hoekies/vertrekke

  • Biene Ottermann

    Ek hou baie van die kleure en lyne. Die skildery van Bettie Cillier Barnard is `n mooi fokuspunt.

  • Sandra Vermeulen

    Kon! Jy het waagmoed
    en hier geniet jy die sukses daarvan!

  • Matilda Botha

    Pragtig, Konni. Ek kan sommer sien dat mens heerlik in die lekker atmosfeer kan uitspan en ontspan!

  • Irene Hoffman

    Ek sal ook daar kan bly. Absoluut pragtig.

  • Deline van der Linde

    Welgedaan Konni. Dit lyk modern en schick!

  • Carola Mostert

    Pragtig Konni! Dit skep ‘n baie ontspanne, rustige atmosfeer.

  • Tamsin Schoenst

    Sjoe! Dit lyk so warm en gesellig! Ek is mal daaroor!

  • Tamsin Schoenst

    Sjoe! Dit lyk so warm en gesellig! Ek is mal daaroor!