Julle hoekies

Leana Viljoen

Dit was vir my en my man, Dirk Viljoen, ‘n groot voorreg om 6 jaar gelede deur my skoonpa getrou te kon word. Hy het ons geseën met teks uit Jeremia 29, spesifiek vers 11. Dit lê baie na aan ons harte en toe ek en my sussie verlede jaar met ons eie besigheid in viniel kunsplakkers begin het (Ladala Creative Arts) het ek sommer ons kamer muur as my ‘toets-doek’ gebruik. Ons het besluit om ‘n kokerboom en Jeremia 29:11 op te plak omdat daar ‘n soortgelyke kokerboom op my skoonouers se plaas in die Noord-Kaap staan wat vir ons baie spesiaal is, en ook die teksvers sodat ons elke dag herinner kan word aan God se belofte vir ons. Ons bly in ‘n baie ou huis en het besluit dat die outydse bankie perfek sal pas onder ons kokerboom. Ons het die hout-idee ook deurgetrek en ‘n hout-devider’ gebruik as ons bedkopstuk.

Sien ander hoekies/vertrekke

  • LIZELLE

    Dit lyk so rustig en snoesig

  • Magda

    Baie mooi, skoon en rustig! Mal oor die Bybelvers-herinnering.

  • Cathrien Kotze

    Besonders! Mooiste van almal – hoop julle maak die Sarie…