08112010253
Julle hoekies

Lianne Claassen

Hierdie is ons Engelkind (Layla) se kamer. Ons het dit voor haar koms as ‘n kantoor gebruik omdat ek van die huis af werk. Dit was ‘n heerlike familie spanpoging en ouma en oupa het saam gehelp. Ons het die hele kamer uitgeverf, ‘n ou kombuis kas gerestoureer om as baba kas te dien, ouma het al die vlaggies en beddegoedjies gemaak en ons het selfs die boekrakke en hout kratte en goed in haar kamer gemaak en geverf soos ons dit graag wil he. Dit was ‘n toonbeeld van ons opgewondenheid om haar te ontvang en is elke dag as ek daar instap ‘n herinnering van die groot wonderwerk wat sy vir ons is…….en daarom dus my gunsteling hoekie in ons huis!!

Sien ander hoekies/vertrekke