Julle hoekies

Liezel Short

Ons eetkamer is (op die oomblik!) my gunsteling hoekie. Ek is baie lief vir kleur en het groot geword in ‘n huis waar my kunstenaar ma elke vertrek ‘n ander persoonlikheid gegee het. Maar, ek raak ook gou verveeld met my dekor. Ek sal maklik een keer ‘n maand alles verskuif en met ander kleure speel. Ek was altyd bang vir rooi, omdat dit so ‘n ongelooflike warm kleur is, totdat ek eendag besluit het, nee, met die kleur moet ek speel! In plaas daarvan om die mure elke maand oor te verf, het ek besluit op ‘n basis kleur en dan die speel kleure deur te bring met gordyne. Baie goedkoper! Die rooi leer gemak stoele was op uitverkoping en ek het 4 opgetel vir die prys van een! As ons wil kuier moet jy darem gemaklik wees! Die ligskerm bo-oor die tafel vorm die fokus punt van die tafel en is iets wat nooit teen volle klaar sal wees nie. Dit is ‘n mengelmoes van kleure & teksture en enige iets waarvan ek hou en mooi is – van krale, tot verlore oorbelle, Kersfees balle & voeltjies. Daar is altyd nog ‘n oop plekkie om iets te hang. Ek vind ook Buddha beeltjies absoluut fasineered, en die twee het hulle plekkie gevind bo-op een van 5 boekrakke! Die hoekie is waar ons kuier, onthaal of net gesellig verkeer oor ‘n lekker bord kos en koue glasie wyn.

Sien ander hoekies/vertrekke