picture_125
Julle hoekies

Lizelle Lewin

Ek kan nie sonder kleur lewe nie en boonop is ek baie sentimenteel en hou val enige item met karakter. Hoekom sit mense altyd ouma se koppies in die kas vir eendag ? Sit dit in ‘n raam, hang dit op geniet dit en gebruik dit vir ‘n heel ander doel. Baie van my goed bedel ek my vriende. Die Oranje emalje koffiekan het ek in Gieterveen, Nederland gekoop. Die betrokke stalletjie het blomme verkoop, maar ek het meer van die koffiekan gehou en siedaar, vir 30Euro Gieterveen altyd deel van my lewe wees.

Die hekkie voor die kaggel is ‘n ou tuin hekkie. Die hekkie het ek gaan steel toe hulle die huis afgebreek het. Die bordjie en die nommer het Oupa nog self doerie jare op die hekkie gesit.

Die paar stewels voor die kaggel behoort aan my vriendin wat Holland toe getrek het en siedaar – propvol sonneblomme kuier sy altyd saam voor die kaggel.

Sien ander hoekies/vertrekke

  • Mariette Swanepoel

    Ek hou vreeslik baie van jou hoekie. Dit is baie kunstig gedoen en wys jy enige iets wat rondle gebruik om ‘n plekkie mooi te maak. Wens ek was so kunstig !

  • Esta van Niekerk

    Baie cosy, kan dink dit sal lekker wees om in die winter daar voor die kaggel te sit en kuier! Baie innoverend!

  • Jeanie

    Dis wonderlik watter potensiaal ‘n geoefende kreatiewe oog kan raaksien!

  • Bertha Altena

    AAAAIIII, my liefling braaiplek!! Wens ek was da… ek sal nie omgee nie om my stewels weer an te trek nie en vir jou nog emalje goed saambreng. Ek weet wat ek kort: a kamer an my huis wat lyk soos hierdie braai/gesels/musiek/lag/droom/tuisvoel-kamer.

  • HIletje

    AI maar dis mooi