img_20130501_00009
Julle hoekies

Magda Gouws

Ek woon is in die hartklop van die stad in ‘n klein meenthuis en elke hoekie word optimaal benut. Ek het ‘n voorliefde vir Frankryk, swart en wit fotos, potloodsketse,antieke glasware en dekor items met woord inspirasie as tema. Foto 1 dien as my skryfbehoefte/argief hoekie. Die blad van die tafel huisves my gunstelling sketse van items uit vervloe dae, ‘n staal- en- keramiek laatjie waarin kleinode gebere word en ‘n antiele blikkie met die nodigste items in vir naaldwerk behoeftes. Daar is ook ‘n notaboekie en postlood byderhand, Die laaie dien as bereplek vir rekeninge, geskenkpapier, versierings en nog skryfbehoeftes. Foto 2 se tafel huisves my swart- en- wit fotos van die Eifeltoring. Die foto regs het ek onglans in ons Parys gekoop en dis van ‘n paartjie wat die toring in 1922 besoek het. Die loper op die tafel is van Franse linne wat my dogter vir my gebring het uit Londen. Foto 3 is geneem by my voordeur en verteenwoordig my liefde vir woorde wat inspireer.

Sien ander hoekies/vertrekke