img_20130208_00087
Julle hoekies

Marlene Williams

‘N vriendin het altyd ‘n sms gestuur na my, dag of nag: kan ek gou oorkom vir ‘n koffietjie. Dan praat ons die dag se prate, ons gee mekaar raad, lag en huil oor ons soet en sout. Maar altyd drink sy koffie en ek tee. En altyd uit die mooiste koffie bekers. Want ‘n mooi koffie beker, veral as dit ‘n blommetjie op het, of pienk is, is my passie. En daarmee saam ‘n heerlike gemaklike pienk bont bank. Ek mis haar intelligente geselskap. Ek mis haar deurdagte antwoorde, want alhoewel sy meer as tien jaar jonger as ek is, was ons sielsmaats. Nou woon sy ver, maar sy het onlangs vir my die pragtigste geskenk gestuur na my 50 ste verjaardag. Dit was die mooste emalje afgewerkte porselein bekers. Nou wag ek net die sms sodat Analien my hoekie saam met my kan geniet.

Sien ander hoekies/vertrekke