100b1220_copy
Julle hoekies

Melisa Nel

Ek is absoluut mal oor ou meubels, antieke glas bottels en vars blomme en ek lief dit om al hierdie dinge met nuwe, meer tradisionale en selfs moderne items te kombineer. Hierdie is ‘n ou kas wat ek onlangs aangeskaf het en ek is mal oor die mooi ou handvatsels en die pragtige kleur! Ek het so lank gesoek na ‘n kas wat met my ‘gepraat’ het – toe ek hierdie een in ‘n wonderlike tweede handse winkel sien, moes ek hom net koop! Ek is ook versot op foto’s en ek dink die antieke fotorame tesame met heelwat wit blomme en ander moderne bykomstighede laat hierdie hoekie vars en soos MY huis lyk! Ek kan nie sonder die kleur rooi lewe nie so ek het hier en daar ‘n titseltjie daarvan ingebring! Hierdie hoekie in my huis laat my ALTYD glimlag!

Sien ander hoekies/vertrekke

  • Amelia

    LOVE LOVE LOVE!

  • Marlene Joyce

    Dis voorwaar so n gebalanseerde vermenging van antiek en moderne "gevoels" items…wat veral die oog opval is dat die persoon weet hoe, waar en veral wanneer daar genoeg items is om so n hoekie spesiaal te maak. Ek sou so n hoekie baie waardeer want dit spreek tot alle ouderdomme (ja ek is self antiek!) maar veral is dit in die tye n plekkie wat mens laat warm en boonwenal goed voel oor die dag wat voorle. Dankie vir sulke inspirasie en dat ons dit mag deel.