desember_2010_familiedag_en_glentana_la_vie_en_rose_445
Julle hoekies

Reynette Kruger

Ek het ‘n vertrek in my blyplek wat ek onskep het in ‘n sjarmante klein koffie winkel. Die spasie is ‘n uitbreiding van wie ek is. Ek is gek vir oudhede, stukke waarin mens kan sien ‘n storie le. Ek is ook besonders sentimenteel, en my Ouma se ou Collard & Collard klavier het ‘n ere plek in die vertrek. Saam ook my Oupa se hoedens wat hy bykans elke dag op die plaas gedra het. Daar is nog stukke wat na aan my hart le wat ‘n tuiste gevind het in die spasie, maar die eers genoemde twee is my gunstelling. Ek kan vir ure by die tafel by die venster sit en redekabel oor die lewe en die lot terwyl ek aan ‘n Latte of ‘n teetjie teug. Die vertrek inspireer my elke maal wanneer ek daar deurloop. Dit laat my glimlag en laat ‘n rustigheid in my gemoed.

Sien ander hoekies/vertrekke