Julle hoekies

Tarien Engelbrecht

Ek is mal oor kleur en dus is my hele huis ‘n inspirasie vir my. Ek is ‘n versamelaar van kleur. Daar is nie een muur in ons huis wat vervelig is nie. Hoe bonter hoe beter! Ons huis lyk al soos n smartie boksie en ek kan net nie genoeg kry van kleur nie.

Die eerste foto is van my en my man se slaapkamer. Dis albei ons gunsteling kleure, pienk en turquoise. Ons is ook mal oor strepe en dus die strepe teen die muur wat die strepe van ons bed linne komplimenteer. Bo ons bed hang ‘n skildery wat ek geskilder het wat pas by die sagte droomagtige kleure van ons slaapkamer.

Foto’s is baie belangrik vir ons. Dit beeld ons lewens saam uit as jong getroude paartjie.

Laastens versamel ek ook harte. Ek het belsuit om ‘n harte muur in ons huis aan te bring wat ‘n herinnering is van my en my man se liefde en verbintenis aan mekaar.

Sien ander hoekies/vertrekke