FOTO Chair Crazy

Dekorstories

Kies die regte kroegstoel

Met woonruimtes wat kleiner word, is die tradisionele etenstafel aan’t verdwyn. ’n Kombuistoonbank met kroegstoele is besig om sy plek in te neem. Daar is ’n groot verskeidenheid van dié stoele beskikbaar, maar jy kies ’n kroegstoel nes jy ’n eetkamerstoel sal kies: Sit daarop en maak seker dis die regte hoogte. Kyk dat die pote nie te wyd uitstaan sodat jy daaroor sal struikel in ’n knap spasie nie. En die belangrikste is natuurlik dat dit gemaklik sit.

1. Met n rugleuning

Kies so ’n kroegstoel as die kombuistoonbank jou primêre kuierplek is. Dit bied die nodige ondersteuning vir jou rug. Chair Crazy (R1 280).

kroeg1

FOTO Chair Crazy

 

2. Van metaal

Dié kroegstoel is een van die gewildste style. Dit pas by enige dekor en is stewig en duursaam (sowat R745), Chair Crazy

kroeg2

FOTO Chair Crazy

 

3. n Ou gunsteling

As jy ou houtkroegstoele het, verf dit ’n interessante kleur soos hierdie turkoois. ’n Soortgelyke kleur is Dulux se Summer Medley 1.

kroeg3

FOTO Verskaf

 

4. Lus vir bietjie “bling”?

Dié gesofistikeerde kroegstoel (R3 999) is van @home livingspace.

kroeg5

FOTO @home

 

5. Ideaal vir klein spasies

Die kroegstoel met houtpote is ideaal vir ’n klein kombuis.

kroeg4

FOTO Verskaf

Lees nou

Verf jou meubels so

Maak jou badkamer nuut – 6 idees

Dit is November! Laai jou gratis kalender hier af!