FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Dekorstories

Kies koper en sy pelle

Dié metaaltrend het die dekorwêreld op hol. Dit is nie net koper wat ons sien nie, maar ook roosgoud en ander metale. Oud en nuut word gemeng en almal word saam gebruik.

1. In die kombuis

In hierdie kombuis het die eienaars op die blink idee gekom om ’n ou kopergeiser te laat deursaag en in ’n wasbak te omskep. Daarby het hulle ou kopergoed (van hul families geërf) weer uitgehaal en blink gepoets. Die teëls is van Moroccan Warehouse in Kaapstad.

koper1

FOTO Henk Hattingh

 

2. Vir jou klerekas

Die roosgoud draadmandjie is net die ding om serpe of T-hemde in te bêre. Jou kas is ordelik en jy kan met een oogopslag sien wat jy soek. H&M (R299)

koper2

FOTO H&M

 

3. Op die etenstafel

Vrugte en groente lyk besonder mooi as dit in ’n koperbak uitgestal word. Dit vervang ook blomme. Druk sommer ’n takkie bessies tussenin of ’n paar groen blare.

koper3

FOTO Henk Hattingh

 

4. Vir blomme

Daar is iets aan ’n koperbak gevul met blomme wat jou bekoor. Nostalgies en terselfdertyd ryk en luuks. Blombak (R699) van @home.

koper4

FOTO @home

 

5. Langs jou bed of in die sitkamer

Die besonderse tafellamp (R899, Woolworths) is ’n klassieke stuk wat nooit uit die mode sal gaan nie en by enige interieur sal pas.

Lees nou

Só lyk strooikussings die seisoen

Maak tuin uit die kombuis

’n Kas wat pas