FOTO Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

Dekorstories

Kiskenades

’n Kissie, oud of nuut, bly ’n lekker ding. Dit lyk mooi en kom nuttig te pas in enige vertrek. Hier is ’n paar planne.

1. Kunssinnig

Jou werkspasie kan maklik in chaos ontaard. Hierdie huiseienaar het ’n klomp ou koeldrankkissies ingespan (heel onderste rak) om orde te skep.

house1_021

FOTO Ryno

 

2. Gestapel of teen die muur

Houtkratte (van Addis), wit geverf en op hul sy gedraai, sowel as ’n stewige wynkissie teen die muur gemonteer, sorg vir genoeg pakplek in hierdie badkamer.

sr1009dekor (10) - Copy

FOTO Ryno

 

3. Nuwe doel

’n Ou wynkis kry ’n splinternuwe doel. Skroef wieletjies onderaan vas, en daar het jy ’n tydskrifrak of selfs ’n bedkassie.

_MG_0007

FOTO Willem Lourens

 

4. Stoorplek

’n Ou koeldrankkissie maak die lekkerste pakplek vir kombuisgoed soos vadoeke, messegoed en selfs glase.

sr1007dekor (4)

FOTO Ryno

 

5. Koop of maak

Dekorwinkels, bv. Mr Price, het kissies of mandjies op wiele. Of maak jou eie deur wiele (jy kry verskillende groottes en sommige het ’n sluit-aksie) by ’n ysterwarewinkel te koop en onderaan ’n krat of ou kissie vas te skroef.

sr1307 woondinge (2)

FOTO Willem Lourens

Lees nou

Planne met ’n swartbord

Herstel dekorfoute

Ligte wat hang