FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Kleurtrend: Geel

Die internasionale kleuranalis Pantone het aangekondig dat geel een van hul top-10 modekleure is vir 2017. Dit is ’n kleur wat dikwels in dekor geïgnoreer word, maar nie weer nie! Daar waar jy geel gebruik, maak jy ’n positiewe sonkol. Dit wakker entoesiasme aan, stimuleer selfvertroue en optimisme. Ons wys ’n paar maniere hoe jy jou blyplek kan opkikker. 

1. Verf n meubelstuk

Herbenut tweedehandse meubels en kikker dit op met ’n laag geel verf. Kies ’n kleur soos Banana Dream 4 van Dulux. Gebruik hul Pearlglo-produk, n waterbasis-emaljeverf wat baie vinniger droog word as konvensionele emaljeverf en wat boonop omgewingsvriendlilk is.

geel1

FOTO Ryno

 

2. Sit gemaklik

Kies ’n geel stoel om jou sitkamer op te vrolik. Dis ook die ideale stoel vir jou slaapkamer. Stoel (prys op aanvraag) van Mr Price Home.

 

3.  Vernuwe met ’n mat

n Neutrale kleurskema kan doen met n mat wat die voorkoms lig. Kies so ’n geel mat (prys op aanvraag) van Home Fabrics.

geel 3

FOTO Home Fabrics

 

4. Voor jou bed

Bedlampe word dikwels afgeskeep, maar dit kan ’n groot verskil maak. Kies iets lig en modern soos dié een (R399) van Superbalist.

geel 4

FOTO Superbalist

 

5. Stoorplek of blomme

Rangskik ’n groot bos bont blomme in hierdie boepenspot (R199,99) van Mr Price Home. As blomme skaars is, bêre sleutels of los goed daarin.

 

6. Sorg vir geur

Skink ietsie koels, steek ’n geurkers (R159,99) van @home aan, sit sagte musiek op en ontspan.

geel 6

FOTO @home

Lees nou

Hortjies binne en buite

Die nuutste matte

Dekor praat kopstukke