FOTO Henk Hattingh

FOTO Henk Hattingh

Maak dit self

Koffiebeker-slopies

Die slopies is blitsvinnig om te brei. Die diere-gesiggies word agterna daarop borduur.

Benodigdhede

Resbietjies Elle Family Knit-dubbeldraad in kleure Gravel (075), swart (017), Antique (049), wit 001, Coral rose (054); 4 mm-breipenne; grootoog-naald vir borduurwerk.

Brei so

Heg aan 48 steke en brei 6 rye dubbelrif (2 regs, 2 aweregs).Brei 10 rye reguit in koussteek (1 ry regs en een ry aweregs). 11e ry: Vermeerder 1 steek aan weerskante (= 50 steke). Vlg 5 rye: Brei reguit. 17e ry: Vermeerder 1 steek aan weerskante (= 52 steke). Brei reguit verder tot daar 24 rye in koussteek is. Brei 6 rye in dubbelrif en heg af.

Borduur so

Vou  breistuk in helfte en merk die middel met ’n rygsdraad. Let wel, die aanhegrand is die onderkant van die slopie. Begin borduur op die 3e ry van die koussteek-gedeelte. Volg die diagram vir elke diertjie. Elke blokkie op diagram = 1 geborduurdde steek. Neem ’n grootoog-naald en borduur volgens die skets.

20160613_Woon Brei koffiebeker4

Diagramme: Diere-gesiggies

Gebruik Elle Family Knit-dubbeldraad in kleure soos by elke diagram.

Diagram 1:

20160613_Woon Brei koffiebeker

Diagram 2:

20160613_Woon Brei koffiebeker2

Diagram 3:

20160613_Woon Brei koffiebeker3

Sien ook in die Julie 2016 uitgawe van SARIE.

JUL

Lees Nou

SARIE Kreatief: 10 ekstra breipatrone

Maak dit self: Brei dié katsteweltjies wat jy in SARIE Kreatief gesien het

GRATIS patroon: Gebreide kombers met fraiings