FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Dekor praat kopstukke

’n Interessante bedkopstuk is ’n vinnige en maklike manier om jou slaapkamer ’n ontwerpersvoorkoms te gee. Dit rond die vertrek af en hoef meestal nie eens geïnstalleer te word nie, die bed hou dit eenvoudig regop teen die muur. Hier is ’n hele paar om van te kies, van spotgoedkoop tot dié waarvoor jy jou hand dieper in die sak moet steek.

1. Tuinhekkie

’n Gewone dennehout-tuinhekkie is dieselfde breedte as ’n enkelbed en is perfek vir ’n  kopstuk. Skuur dit glad en verf dit in ’n kleur van jou keuse. Dis boonop goedkoop.

kop1

FOTO Ryno

 

2. Gestoffeer met diep knope

Die linnevoorkoms en detail van diep knope maak dié kopstuk luuks en gesofistikeerd. Dik watteersel word gebruik in die stoffering van so ’n kopstuk, daarom kan jou kop gerieflik sag hierteen rus. Dit is hoog genoeg om los agter die bed te staan en hoef nie aan die muur vasgeskroef te word nie. Gebruik af en toe die stofsuier se smal punt om stof uit knoopholtes te suig. Die goeie nuus: dis bekostigbaarder as wat dit lyk.

 

3. Geverfde tong-en-groef-hout

Vir ’n strandhuis of kinderkamer is dié kopstuk ’n goeie keuse. As jy dit agter ’n kinderbed gebruik, is dit raadsaam om dit aan die muur vas te heg. Dis goedkoper as om ’n hele nuwe bed te koop.

 

4. Donker verniste hout

’n Statige kopstuk vir ’n meer formele voorkoms.

 

5. In panele gestoffeer

Kies dié kopstuk as jy van skoon lyne hou.

 

6. Versailles-styl

Voel soos ’n prinses in so ’n bed. Die kop- en voetstuk van gekerfde hout is swart geverf en met wit linne gestoffeer. Omdat jy dit as volledige bed koop, kos dit heelwat duurder.

 

7. Kontemporêr

As jy hou van moderne argitektuur en meubels, is dit die bed vir jou. Die kopstuk is van eikehoutsparre en is deel van die bed se raamwerk. Weer eens betaal jy vir ’n volledige bed en soliede hout.

 

Lees nou

Herwingoed word ontwerpersgoed

Ons hou van Delft-blou

Blik-aspaai