FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Dekorstories

Lente-skoonmaak

1. Maak jou stofsuier silwerskoon, want dit gaan die held in dié storie wees.

2.  Skud gordyne en matte uit. Stof deeglik af en borsel lampskerms met ’n sagte borsel.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

3. Was deure, kosyne, kaste en deurknoppe met warm water met ’n bietjie ontsmettingsmiddel in.

4. Ontkalk jou ketel met gelyke dele water en asyn, laat week 1 uur en kook dan. Gooi water uit en spoel met skoon water. Maak filters van wasmasjien, stoof, tuimeldroër en skottelmasjien skoon. Gooi ’n mengsel van 1 e koeksoda en 1 k asyn in jou afvoerpype af, gevolg deur ’n ketel vol kookwater.

5. Pak koskas reg en gaan vervaldatums na.

6. Draai matrasse om.

stuttafordsbedrsx

7. Was verekussings 2 op ’n slag op ’n sagte siklus. Tuimeldroog dit saam met ’n paar tennisballe of styf opgerolde sokkies om die vere los te klop.

8. Pak winterklere en skoene weg en sorteer somergoed: hang soorte bymekaar of hang volgens kleure op, en wees streng oor wat jy gaan hou.

Klerekas. Foto: @jemma_jennet - instagram

Klerekas. FOTO Instagram / @jemma_jennet

9. Takel die badkamer. Gooi koeksoda en suurlemoensap in ’n emmer warm water en was alles daarmee af.

10. Stofsuig, stofsuig, stofsuig. Onthou om groot meubels weg te skuif en onder kaste en beddens ook te stofsuig.

Lees nou

Hier’s die boom van die jaar!

Nooi lente binnetoe

Wenke vir ’n klein spasie