FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Letters en woorde

Letters en woorde kan kunswerke uit eie reg wees. Dis boonop ’n goedkoop manier om jou huis te versier.

1. My tyd

Alles hoef nie altyd teen die muur te hang nie. ’n Oorgroot dekoratiewe horlosie is staangemaak agter ’n besonderse stoel en sorg vir ’n fokuspunt in die vertrek.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

2. Uit die natuur

Lasergesnyde houtletters en ander items met ’n natuurlike voorkoms vorm alles saam ’n interessante groepie en dra by tot ’n aardse tema.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

3. Rakke vol woorde

Installeer smal muurrakke en verf dit in dieselfde kleur as jou muur. Soek mooi letters en woorde op jou rekenaar en druk dit uit om te raam. Kyk na lettertipes soos Bodoni, Monotype Corsiva en Arial Black. Winkels soos Mr Price Home, Game en Woolworths het baie bekostigbare rame om mee te speel.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

4. Bakke van papier-mâché

Maak jou eie bakke met muurpapiergom en velle wit papier. Neem 1 liter water en sprinkel ’n kwart pakkie gom daaroor. Klits tot korrels opgelos is. Skeur papier in onegalige stukke en week daarin. Gebruik ’n plastiekbak waarvan die bek groter as die bodem is. Draai kleefplastiek om die buitekant. Plak die bak buite-om met een laag papier en laat droog word. Plak ten minste 6 – 7 lae. Fotostateer mooi woorde en gebruik dit as die laaste laag. Wanneer alles droog is, wikkel bak los. Plak goudblad aan die binnekant indien verkies.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

 

5. Tot op die letter

Deesdae kan jy enigiets laat lasersny. Van hout, plastiek tot metaal. Soek op die internet die naaste diens aan jou.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Lees nou

Maak mooi met emalje

Slim met spasie in klein ruimtes

Dekor praat kopstukke