ligte2 - Copy
Dekorstories

Ligte wat hang

Beligting kan ’n vertrek maak of breek. Dis ook een van die maklikste maniere om dekor te vernuwe. Maak liefs van ’n geregistreerde elektrisiën gebruik vir installering en sorg dat jou plafon sterk genoeg is om die gewig van die nuwe ligte te dra. 

1. Vir die kombuis

In ’n kombuis is taakbeligting baie belangrik en een ligpunt is nie voldoende vir die hele vertrek nie. Drie groot metaalligte in ’n ry verskaf genoeg lig bokant die kombuis-toonbank en dra by tot ’n warm, knus atmosfeer. Laat dit sowat 75 cm bokant ’n oppervlak soos dié of ’n tafel installeer.

ligte1

FOTO Ryno

2. In die slaapkamer

In slaapkamers waar spasie langs die bed beperk is, is dit slim om hangligte aan weerskante van die bed te laat installeer. Sorg dat elk sy eie gerieflike skakelaar het sodat jy nie uit die bed hoef te klim as jy die lig wil aan- of afsit nie.

ligte2 - Copy

FOTO Henré Bloem vir Greyton Lodge

3. In die badkamer

Dié huiseienaar het self, maar onder leiding van die elektrisiën, die trosligte ontwerp en dit deur haar hele huis laat hang. Gewone groot, wit gloeilampe is gebruik en dis maklik om te vervang as een die gees gee.

ligte3 - Copy

FOTO Henk Hattingh

  1. ’n Groot verskeidenheid hangligte is nou beskikbaar. Hier is ’n paar waarvan ons hou:

4a. Lampskerm van geweefde rottang

4b. ’n Lampskerm van gekleurde metaal, te kry in verskillende kleure

4c. ’n Hanglamp van hout en wit metaal

4d. ’n Hanglamp van helder glas

Lees nou:

Blik-aspaai

5 bloubloed-stoele om jou soos ’n koning te laat voel

Van houtskywe- en stompe gemaak