FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Só lyk strooikussings die seisoen

Een van die maklikste en bekostigbaarste truuks om jou huis volgens die seisoene te verander, is om ’n paar nuwe strooikussings aan te skaf. Blomme pronk nou op al wat ’n materiaal is – van “vintage-rose” tot lap wat lyk asof dit met die hand geskilder is.

Blomme en strepe

’n Versameling gestreepte, effekleurige en geblomde kussings werk goed saam. Sorg dat die kleure van die effe materiaal en strepe êrens in die geblomde motiewe voorkom sodat dit minder bont is. Die meeste winkels verkoop ook los oortreksels wat baie bekostigbaar is. Sodoende eindig jy nie met ’n massa kussings wat per seisoen gestoor moet word nie. Belê eerder in goeie vere-en-dons-vulkussings wat jy oor en oor kan gebruik.

kussings1

FOTO Ryno

Woolworths, R199

kussing2

FOTO Woolworths

Woolworths, R170 elk

kussing3 (1)

FOTO Woolworths

Mr Price Home, R129,99

kussing4

FOTO Mr Price Home

 H&M, R149

kussing5

FOTO H&M

Lees nou

’n Kas wat pas

’n Stoel wat woel

Bly kalm met ligblou