FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Maak dit self

Bederf Ma met ’n goudblad-projek

Neem ’n bestaande item en gee dit ’n splinternuwe voorkoms met goudblad. Dis maklik genoeg dat jou (ouer) kinders jou kan help en boonop maak dit ’n mooi geskenk vir Moedersdag!

In dié artikel wys ons hoe jy met goudblad jou blompotte nuwe lewe gee.

Benodighede
• glaspotte of houtkissies
• koperblad (jy kry ook goud-, ougoud en silwerblad)
• koperbladgom (sizing)
• goudbladkwas of ’n kwas met baie sagte hare
• smal kwas
• poeier
• opwasmiddel

Koperblad-detail op jou blompotte

IMG_0180

Stap 1:

Vryf ’n druppel opwasmiddel in die smal kwas se hare, want dit help later dat jou kwas makliker skoonmaak. Verf met die gom ’n streep of ontwerp vryhand op die glaspot. Laat dit ’n rukkie droog word totdat dit taaierig voel.

Smeer babapoeier aan jou vingers en die goudbladkwas en lig die velletjie versigtig op. Die poeier help om dit op te lig. Plaas dit versigtig op die taai streep en druk baie saggies met jou vingerpunte vas. Gaan so voort tot die streep bedek is. Laat oornag droog word.

Stap 2:

Laat verkieslik oornag droog word en borsel die oortollige koperblad versigtig af met die sagte kwas.

IMG_0181


Gebruik dieselfde tegniek vir hout. Kyk na die tutoriaal HIER.

STAP[ 4