sarie_kreatief_may_2011_cover
Maak dit self

Bestel jou SARIE kreatief híér

Ons hande gaan vir niks verkeerd staan nie, hou tendensvoorspeller Li Edelkoort vol. Breiwerk, hekelwerk, stikwerk en borduurwerk sal ál meer ons huise en klerekaste tooi. ‘n Beperkte oplaag van die nuwe SARIE kreatief sal van 18 Junie sáám met die Julie-uitgawe van SARIE in uitsoektakke van CNA, Checkers en Exclusive Books teen R80 te koop wees.

Sou jy dié gesamentlike uitgawe misloop, kan jy SARIE kreatief vanaf 16 Julie op sy eie teen R60 (posgeld uitgesluit) by Julian Padua bestel.

Kontak hom Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 16:30
by 021 408 1291 of wmverkope@media24.com om ’n bestelling te plaas.

  • Suzan

    Hi,

    Sal daar miskien ‘n uitgawe in Engels beskikbaar wees?

    Ek sou ook graag die eerste uitgawe wil koop.

    Dankie

  • Maureen Trytsman

    Die eerste kreatief was ongelooflik, brei nog steeds. Die 2de was ek maar teleurgesteld. Jammer

  • Marietjie

    Ek het die eerste Sarie Kreatief gemis. Kan ek dit dalk iewers in die hande kry?

  • Marlé Nel

    Kan ek die eerste uitgawe van Sarie Kreatief bestel?

  • Ingrid Scheepers

    Ek bly in Nelspruit en ek vermoed ons is nie deel is van die uitgesoekte takke nie? Ek was by al die genoemde winkels?

  • Lizette Louw

    Hoe kan ek die tweede uitgawe van Sarie Kreatief in die hande kry.

  • Chrisna

    Ek het sopas my Kreatief 2 in Kimberley se Checkers gekoop (nou wel teen R80 saam met die Sarie wat ek alreeds in die pos ontvang het, maar ‘n vrou moet maar hoes as ‘n vrou wil brei :)

  • marli

    Gaan ons in secunda ook sarie kreatief kry?

  • SARIE

    Alle bestellings vir Kreatief moet by Julian Padua gedoen word:
    R60 (posgeld uitgesluit)
    Kontak hom Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 16:30
    by 021 408 1291 of wmverkope@media24.com om ’n bestelling te plaas.