des07selfmaak1a
Maak dit self

Blink oomblikke

GEDEK VIR ’N FEESMAAL
Die hoof-Kersmaal, warm óf koud, vra altyd ’n gedekte tafel met al jou mooiste goed.

Maak dryfhoutkrans só:

  • Gebruik ’n groot metaalring of draai een uit stewige draad.
  • Verdeel die ring in derdes en heg 3 ewe lang kettings daaraan vas.
  • Ryg bopunte saam deur ’n ring.
  • Bind kort stukkies dryfhout rondom die draadring met dun draad vas.
  • Versier met kristalle en Kersballe.

DIE GROOT BEDERF

Kies sagte kleure om te pas by ’n rustige seelandskap.