Maak jou voorportaal mooi met dié stensil

Deur Anita Rossouw & Lounette Fourie, SARIE Januarie 2010

Maak jou voorportaal mooi met dié stensil Foto’s: Ryno Galery

Kalm blou is in die kol vir elke kamer in jou huis. Gebruik hierdie stensil om 'n indruk te maak in jou voorportaal. Laai dit maklik af en ons wys jou hoe om dit te gebruik.

Gebruik verkieslik 'n dikker asetaat (by kunswinkels te koop) en 'n baie skerp stokperdjie-messie.

VOOR JY BEGIN:

Laai die stensil af deur op die dokument onder die foto regs te klik. Jy kan dit dadelik druk of op jou rekenaar stoor en later uitdruk.

VOORPORTAAL-MOOI

Gebruik jou stensil só:

Meet die posisie waar jy gaan stensil versigtig uit.

Hou die stensil in posisie met stensilgom of stukkies wondergom.

Die groot geheim is om min verf op jou kwas of sponsie te neem.

Vir beginners sal ’n spons makliker werk: Vou die spons in ’n ronde bondeltjie.

Doop liggies in verf en vee oortollige verf liggies af.

Die spons moet byna droog wees.

Stip verf liggies aan.

Was die stensil gereeld as jy ’n groot spasie gaan stensil.

Wenke: Gebruik sommer stokperdjieverf (craft paint) vir kleiner stensilwerk, want jy gebruik baie min verf. Koop stensils en verf by stokperdjiewinkels.

Vir groter stensils moet jy liefs stensilgom gebruik om die stensil in posisie te hou.

IN DIE FOTO:

Tafel (R5 995) met pakplek vir sleutels of pos en metaalemmer (R595), Loft Living.

Blompotte van links na regs: donkerblou potjie (R19,99) Mr Price Home, waterglas met blou rand (R75), Hadeda, ligblou silinder (R220) en uurglas-pot (R139), @home livingspace, vierkantige potjie (R43,25), Kenly, pot met blou voetstuk stilis se eie, klein blou teeliggie (R19,99), Clicks, turkoois bottel (R39,99) en silwer-en-blou teeliggie (R11,99), Mr Price Home, boepens-potjie (R39,99), Kenly. Blou sak (R895), Hadeda.

Kies een van Plascon se nuwe kleure, soos Sapphire B7-A1-1, om die muur te verf en stensil ’n mooi patroon daarop.

* Vir nog blou-inspirasie in jou sit-, slaap- en pakkamer, kyk in jou Januarie 2010-uitgawe van SARIE - vanaf Maandag 7 Desember 2009 te kry.

Verwante artikels

  • Breipatroon vir mantel (shrug)

    Breipatroon vir mantel (shrug)

    SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1

    Dis nou weer mode om die breipenne uit te haal! Brei hierdie snoesige mantel.

  • Hekelpatroon vir teemus

    Hekelpatroon vir teemus

    SARIE - Junie 2009

    "'Ouma-sjiek' is terug, maar meer modern as tevore," sê Chassie Post, Amerikaanse leefstylredakteur. Haal dus daardie hekelpenne uit en begin

  • Kersfees: Maak jou eie Kersboom van karton

    Kersfees: Maak jou eie Kersboom van karton

    SARIE - Desember 2009

    Maak eenvoudige Kersbome van karton. Versier met als wat blink en mooi is. Hier is die aanwysings en die diagram.

  • Lekker slaap

    Lekker slaap

    SARIE - April 2010

    Maak 'n nuwe kopstuk vir jou bed. Ons wys jou hoe.

  • Maak jou eie plekmatjie vir Moedersdag

    Maak jou eie plekmatjie vir Moedersdag

    SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2

    Letters en woorde kan kunswerke uit eie reg wees. Maak vanjaar se Moedersdag vol mooi woord-herinnerings. Maak jou eie plekmatjie met dié mooi gedig.

  • Towermure

    Towermure

    SARIE - Maart 2009

    Nou kan jy feitlik enige materiaal van jou keuse in muur "papier" laat omskep.

Kommentaar

Web Development by FormFunction