Maak dit self

Maak jou voorportaal mooi met dié stensil

Gebruik verkieslik ‘n dikker asetaat (by kunswinkels te koop) en ‘n baie skerp stokperdjie-messie.

VOOR JY BEGIN:

Laai die stensil af deur die foto hieronder op jou rekenaar te stoor.

Die stensil-patroon

VOORPORTAAL-MOOI

Gebruik jou stensil só:

Meet die posisie waar jy gaan stensil versigtig uit.

Hou die stensil in posisie met stensilgom of stukkies wondergom.

Die groot geheim is om min verf op jou kwas of sponsie te neem.

Vir beginners sal ’n spons makliker werk: Vou die spons in ’n ronde bondeltjie.

Doop liggies in verf en vee oortollige verf liggies af.

Die spons moet byna droog wees.

Stip verf liggies aan.

Was die stensil gereeld as jy ’n groot spasie gaan stensil.

Wenke: Gebruik sommer stokperdjieverf (craft paint) vir kleiner stensilwerk, want jy gebruik baie min verf. Koop stensils en verf by stokperdjiewinkels.

Vir groter stensils moet jy liefs stensilgom gebruik om die stensil in posisie te hou.

IN DIE FOTO:

Tafel (R5 995) met pakplek vir sleutels of pos en metaalemmer (R595), Loft Living.

Blompotte van links na regs: donkerblou potjie (R19,99) Mr Price Home, waterglas met blou rand (R75), Hadeda, ligblou silinder (R220) en uurglas-pot (R139), @home livingspace, vierkantige potjie (R43,25), Kenly, pot met blou voetstuk stilis se eie, klein blou teeliggie (R19,99), Clicks, turkoois bottel (R39,99) en silwer-en-blou teeliggie (R11,99), Mr Price Home, boepens-potjie (R39,99), Kenly. Blou sak (R895), Hadeda.

Kies een van Plascon se nuwe kleure, soos Sapphire B7-A1-1, om die muur te verf en stensil ’n mooi patroon daarop.

* Vir nog blou-inspirasie in jou sit-, slaap- en pakkamer, kyk in jou Januarie 2010-uitgawe van SARIE – vanaf Maandag 7 Desember 2009 te kry.