Hoe klink jóú Afrikaans?

Borduur ons woord van die maand

Die jaar staan einde se kant toe en die vakansieseisoen kom nader. Die langer somerdae bring nuwe energie waarmee ons alles kan afhandel wat nog dié jaar moet gebeur. Ons sê dinge verloop #klopdisselboom.

Dit beteken alles gaan baie goed. Dié woord kom uit die tyd van ’n kar en perde, volgens dr. W.F. Botha van die WAT. As die perde op ’n stywe, egalige draf die kar trek, mooi in gelid, dan klop die disselboom ritmies teen die draaghout.

Daarom is ons woord van die maand #klopdisselboom.

Gaan na Afrikaans.com en gesels saam oor jou gunsteling-woord in Afrikaans. 

Borduur nou ons woord van die maand

Jy het nodig:

• borduurgare in 3 kleure (3 draadjies saam)
• borduurskêr
• naald
• linne
• naaldwerkpen en water
• borduurraam
dié uitdrukstuk

Klopdisselboom

Kyk die video vir die stap-vir-stap-aanwysings. Wanneer jy klaar geborduur het, word die materiaalpen se strepe maklik met water en wattte verwyder.

Só lyk ons Afrikaans geborduur!

Maak seker jy besoek vandag Afrikaans.com vir inligting oor alles Afrikaans – flims, feeste, flieks, woorde en nóg meer. #MyAfrikaans.

Afrikaans.com aanlyn banier