Brei jou eie kussing

Deur Anita Rossouw & Lounette Fourie, SARIE - Junie 2010

Brei jou eie kussing Foto’s: Ryno Galery

Brei is nie net top-ontspanning nie – dis nou weer hoogmode! Hier is ’n maklike patroon om jou aan die gang te sit.

Voltooide grootte
50 x 50 cm

Benodigdhede

  • 5 bolle elle Pure New Wool (kleur Brown)
  • Breipenne van7mm
  • Kabelpen
  • Spanning
  • 19 steke en 20 rye oor kabelpatroon met penne van7mm=10 cm

Brei SÓ

  • Voorkant H/aan 80 ste. Br 10 rye rif (2 r, 2 aw).
  • Begin met kabelpatroon (oor 10 rye):
  • Vlg ry: Br 6 aw, (8 r, 12 aw), her tot laaste 14 ste, eindig met 8 r en 6 aw.
  • 2e ry: Br soos ste voorkom.
  • 3e ry: Aw 6, (gl vlg 4 ste op 'n kabelpen en hou agter werk, r vlg 4 ste op breipen, r daarna ste op kabelpen, aw 12 ste); her tot einde van ry.
  • Vlg 7 rye: Br ste soos dit voorkom.
  • Herhaal die 10 kabelrye 8 keer en eindig met 10 rye rif.  
  • Br die agterkant van kussing dieselfde.

Afwerking
Werk kussing rondom toe, maar laat 'n opening vir die vulkussing. Plaas vulkussing in sloop en werk opening toe.

Brei Afkortings
Aw - aweregs

br - brei

gl - glip

h/aan(af) - heg aan(af)


her - herhaal


r - regs


st(e) - steek(steke)


vlg - volgende

Wenk
Maak jou breipenne met 'n rekkie aan mekaar vas as jy klaar gebrei het. Dit keer dat jy na verlore breipenne moet soek.

Brei so Brei kabel so:
Gl vlg 4 ste op 'n kabelpen en hou agter werk.

Speld 'n mooi gehekelde blom (R110 van Projekt, beskikbaar by Heartworks) op 'n kussing vas.

Gaan snuffel op www.knit1.net rond vir gratis breipatrone.

Verwante artikels

Galery

  • Brei jou eie kussing
  • Brei so

Kommentaar

  • Ek sal graag wil leer stap vir stap hoe om kabels te brei. Kan enige iemand my wys asb?

    25ste Apr. 2013, 09:10
  • Baie dankie vir die patroon, ek het nou net gedink ek wil my eie kabel kniekombersie brei en wha la hier kry ek die kabel kussing patroon - bonus. Wil brei vir Kersfees - koud in Kansas - Amerika - Desember.

    25ste Nov. 2012, 18:16
  • Ek is mal oor gebreide kussings,het gistermiddag met een begin en werk alweer vas.Dankie vir julle mooi patrone.Ek kan nie wag vir nuwe idees,ek spaar hope geld deur handgemaakte items.

    5de Jun. 2012, 11:06
  • Baie dankie vir die pragtige patrone. By die patroon vir die gebreide kussing is daar 'n gebreide blommetjie op die onderste kussing op die prentjie. Is daardie patroon dalk iewers beskikbaar!

    25ste Mei. 2011, 11:37
  • Ek is besig om 'n olifant te brei, die brei patroon het 'n afkorting van rg dit is waar ek steek moet vermeerder, waarvoor staan rg en hoe maak mens die soort vermeerdering

    15de Mar. 2011, 17:50
  • Thank you I have been waiting for this pattern for a long time

    14de Mar. 2011, 16:59