sr1006dekor_7_
Maak dit self

Brei jou eie kussing

Voltooide grootte
50 x 50 cm

Benodigdhede

  • 5 bolle elle Pure New Wool (kleur Brown)
  • Breipenne van7mm
  • Kabelpen
  • Spanning
  • 19 steke en 20 rye oor kabelpatroon met penne van7mm=10 cm

Brei SÓ

  • Voorkant H/aan 80 ste. Br 10 rye rif (2 r, 2 aw).
  • Begin met kabelpatroon (oor 10 rye):
  • Vlg ry: Br 6 aw, (8 r, 12 aw), her tot laaste 14 ste, eindig met 8 r en 6 aw.
  • 2e ry: Br soos ste voorkom.
  • 3e ry: Aw 6, (gl vlg 4 ste op ‘n kabelpen en hou agter werk, r vlg 4 ste op breipen, r daarna ste op kabelpen, aw 12 ste); her tot einde van ry.
  • Vlg 7 rye: Br ste soos dit voorkom.
  • Herhaal die 10 kabelrye 8 keer en eindig met 10 rye rif.  
  • Br die agterkant van kussing dieselfde.

Afwerking
Werk kussing rondom toe, maar laat ‘n opening vir die vulkussing. Plaas vulkussing in sloop en werk opening toe.

Brei Afkortings
Aw – aweregs

br – brei

gl – glip

h/aan(af) – heg aan(af)


her – herhaal


r – regs


st(e) – steek(steke)


vlg – volgende

Wenk
Maak jou breipenne met ‘n rekkie aan mekaar vas as jy klaar gebrei het. Dit keer dat jy na verlore breipenne moet soek.

Brei so Brei kabel so:
Gl vlg 4 ste op ‘n kabelpen en hou agter werk.

Speld ‘n mooi gehekelde blom (R110 van Projekt, beskikbaar by Heartworks) op ‘n kussing vas.

Gaan snuffel op www.knit1.net rond vir gratis breipatrone.

  • http://ymuxdwyhgjay.com/ heaqpwrldq

    VyZCoi lrllllkcxyif, [url=http://tqhcxjvtelwe.com/]tqhcxjvtelwe[/url], [link=http://ufdrqonyzidk.com/]ufdrqonyzidk[/link], http://ikiwqdrhooeh.com/

  • Jackie Glenister

    Thank you I have been waiting for this pattern for a long time

  • Leonie

    Ek is besig om ‘n olifant te brei, die brei patroon het ‘n afkorting van rg dit is waar ek steek moet vermeerder, waarvoor staan rg en hoe maak mens die soort vermeerdering

  • Dania van der Walt

    Baie dankie vir die pragtige patrone. By die patroon vir die gebreide kussing is daar ‘n gebreide blommetjie op die onderste kussing op die prentjie. Is daardie patroon dalk iewers beskikbaar!

  • Roelien Pietersen

    Ek is mal oor gebreide kussings,het gistermiddag met een begin en werk alweer vas.Dankie vir julle mooi patrone.Ek kan nie wag vir nuwe idees,ek spaar hope geld deur handgemaakte items.

  • Anita Woerner

    Baie dankie vir die patroon, ek het nou net gedink ek wil my eie kabel kniekombersie brei en wha la hier kry ek die kabel kussing patroon – bonus. Wil brei vir Kersfees – koud in Kansas – Amerika – Desember.