sr1106dekor_9_
Maak dit self

Brei jou eie mus

GROOTTE
Pas ’n gemiddelde grootte kop van ’n volwasse vrou.

BENODIGDHEDE
2 x 50 g-bolle van enige Elle dubbelbreidraad; 4 mm- en 3,25 mm-breipenne; breispelde.

SPANNING
22 ste en 42 rye in rif-pat met 4 mm-breipenne = 10 cm.

AFKORTINGS
Aw – aweregs; dies – dieselfde; fats – fatsoeneer; h/aan(af) – heg aan(af); her – herhaal; m1 – maak 1 streek; r – regs; rif – riffelsteek; RK- regte kant; st(e) – steek(steke); tes – tesame; VK – verkeerde kant; vlg – volgende.

BREI SÓ:

 
Oorflappe (beide dies): H/aan 3 ste met 4 mm-breipenne. 1e ry: (RK) R tot einde. 2e ry: R 1, aw 1, r 1. 3e ry: R 1, m1, r 1, m1, r 1. 5 ste. 4e ry: R 1, m1aw, r1onder, aw 1, r1onder, m1aw, r 1. 7 ste. 5e ry: R 1, m1, r tot by laaste st, m1, r 1. 9 ste. 6e ry: R 1, m1aw, r1onder, *aw 1, r1onder, her van * tot by laaste st, m1aw, r 1. 11 ste. 7e ry: R 1, m1, r tot by laaste st, m1, r 1. 13 ste. 8e ry: Aw 1, r 1, *aw 1, r1onder, her van * tot by laaste 3 ste, aw 1, r 1, aw 1. 9e ry: R 1, m1, r tot by laaste st, m1, r 1. 15 ste. 10e ry: R 1, *aw 1, r1onder, her van * tot by laaste 2 ste, aw 1, r 1. Her die laaste 4 rye. 19 ste. Brei soos volg verder: 1e ry: R. 2e ry: R 1, *aw 1, r1onder, her van * tot by laaste 2 ste, aw 1, r 1. Dié 2 rye vorm rif-pat. Brei nou so in pat die res van die oorflap soos volg: Brei 18 rye. Knip breidraad af en glip dié 19 ste op ’n breispeld. Jy gaan later dié ste vir die hoofdeel gebruik.

Hoofdeel: H/aan 10 ste met 4 mm-breipenne en met RK na voor, r oor 19 ste van linkeroorflap, h/aan 31 ste, met RK na voor, r oor 19 ste van regteroorflap, h/aan 10 ste. 89 ste. Vlg ry: (VK) (R 1, aw 1) 5 keer, r1onder, (aw 1, r1onder) 9 keer, aw 1, (r 1, aw 1) 15 keer, (r1onder, aw 1) 9 keer, r1onder, (aw 1, r 1) 5 keer. Brei nou so in pat die res van die mus soos volg: Gaan voort tot die hoofdeel 12 cm lank is, eindig ná ’n VK-ry. Fats bokant: Vlg ry: R 1, r3 tes, *r 3, r3 tes, her van * tot by laaste st, r 1. 59 ste. Brei 5 rye in pat. Vlg ry: R 17, (r3 tes, r 15) twee keer, r 2. 55 ste. Brei 5 rye in pat. Vlg ry: R 9, r3 tes, (r 10, r3 tes) 3 keer, r 4. 47 ste. Brei 3 rye in pat. Vlg ry: R 9, r3 tes, (r 8, r3 tes) 3 keer, r 2. 39 ste. Brei 3 rye in pat. Vlg ry: R 9, r3 tes, (r 6, r3 tes) 3 keer. 31 ste. Brei 3 rye in pat. Vlg ry: R 2, r3 tes, (r 4, r3 tes) 3 keer, r 5. 23 ste. Brei 3 rye in pat. Vlg ry: (R 2, r3 tes) 4 keer, r 3. 15 ste. Vlg ry: Aw 1, (aw3 tes) 4 keer, aw2 tes. 6 ste. Knip breidraad af, ryg breidraad deur oorbl 6 ste, trek in en knoop vas.

Randafwerking: Tel met 3,25 mm-breipenne ste op aan die rand van die mus soos volg: Met RK na voor, begin by rand van agterste naat, tel op en r 10 ste aan aanhegrand agter, 16 ste eweredig aan eerste reguit rand van regteroorflap, 13 ste eweredig aan eerste gefatsoeneerde rand van regteroorflap, 13 ste eweredig aan tweede gefatsoeneerde rand van regteroorflap, 16 ste eweredig aan tweede reguit rand van regteroorflap, 31 ste aan aanhegrand voor, 16 ste eweredig aan eerste reguit rand van linkeroorflap, 13 ste eweredig aan eerste gefatsoeneerde rand van linkeroorflap, 13 ste eweredig aan tweede gefatsoeneerde rand van linkeroorflap, 16 ste eweredig aan tweede reguit rand van linkeroorflap en 10 ste aan aanhegrand agter. 167 ste. H/af r-gewys.

Afwerking:
Werk agterste naat toe. Bedek met ’n klam doek en laat droog word.

  • Gillian Alexander

    Kan ek asb die patroon in engels kry?

    Stuur asb na gillianalexander87@yahoo.com

  • Monica du Plessis

    Kan ek asb die patroon in engels kry?

  • Vanessa Miller

    Ek soek die mantel patroon in Engels asb.

  • Debbie Beyers

    Ek soek die mantel patroon in Engels asb. Ek is engels ek koop die sarie and sarie kok elke keer as die ‘mag’ uit kom groot asb. :)

  • alma Jonker

    ek het die mantel en handskoene se patroon in Junie 2010 gemis Kan ek assblief patroon in afrikaans of engels kry van mantel en handskoene Ek verneem die patroon was in Junie 2011
    Baie dankie
    alma@candymail.co.za

  • Bets Weidemann

    Stuur asb vir my die handskoenpatroon, of net ‘n webtuiste adres waar ek dit kan kry?

    Baie dankie

  • Amalinda Strydom

    HI ek soek die handskoene se patroon in Afrikaans asb. baie dankie

  • edwina small

    ek is n beginner.ek ken net die basiese brei maniere kan ek groot as n eenvoudige patroon kry vie trui.die trui is vir my twaalf jarige dogter.hoop jul kan my help.dankie

  • Mari Blignaut

    More Kan ek asseblief !!!!! die mantel petroon kry ek is besig om die mantel te brei en nou het ek die boek waarin die patroon is by my familie vergeet en ek kry nerens die boek geleen nie so asseblief kan julle so gaaf wees en die partroon vir my e-mail na andrewvw@telkomsa.net ek sal dit baie waardeer

  • Sandy Gallagher

    We absoultely LOVE THIS, please can we have the pattern for the cape and the gloves? Thank you !!! Any chance to get it in English?

  • Claudene

    Ek het al 3 gebrei en dis ongelooflik mooi!!! Baie dankie vir dit

  • Marietjie Bosman

    Ek het die patroon vir die mantel en handskoene in uitgawe Junie 2010 gemis,

    kan ek groot asb die patroon kry.

    mariabosman@iway.na

  • Benita

    Ek soek die mantelpatroon en handskoene in Engels asseblief en dankie

  • Lizette

    Ai ek wil bitter graag ook die patroon vir handskoene en mantel hê As iemand vir my kan stuur sal ek dit vreeslik waardeer. Groete Lizette
    malaniq@telkomsa.net

  • MARIA

    KAN EK ASB DIE PATROON VIR DIE MANTEL EN DIE HANDSKOENE KRY.
    SAL DIT BAIE WAARDEER.
    DANKIE.

  • Rene

    Ek het die helfte van die patroon verloor nadat ek dit uitgeknip en in n boek geplak het. Kan julle dalk asb vir my die volle patroon van die mantel stuur na rene@lantic.net asb?

  • Ankia Strydom

    Ai ek wil bitter graag ook die patroon vir handskoene en mantel hê As iemand vir my kan stuur sal ek dit vreeslik waardeer.

  • Lulie van Schalkwyk

    Ek sal dit erg waardeer as ek die patroon vir die handskoene en die mantel kan kry. Baie dankie