FOTO Ryno

Maak dit self

Brei maklike plekmatjies van tou

Vir ’n natuurlike, aardse voorkoms, dek jou tafel met plekmatjies wat jy self van sagte katoentou gebrei het.

Benodigdhede

• Koop tou (by groot afdelingswinkels se tuinafdeling) wat so dik is soos Chunky-breidraad

• of brei met twee dunner drade tou tesame,

• of 1 x 100 g-bol Elle Cotton On, Seriously Chunky 100%-katoen

• 4,5- tot 5,5 mm-breipenne

Brei só

Heg 32 steke aan en brei 3 rye reksteek.

Brei die res van die plekmatjie in mossteek sό:

1e ry: Regs 1, aweregs 1 tot end.

2e ry: Aweregs 1, regs 1 tot end.

Herhaal die 2 rye tot breiwerk 40 cm lank is.

Brei 3 rye reksteek en heg af.

Lees nou

Brei ’n snoesige warmwatersak – in een aand

Brei vir die manne

Versier jou huis snoesig met wol