sr1106dekor_3_
Maak dit self

Brei ‘n jassie vir jou koffie-pot

Benodigdhede:
Resbietjies dubbeldraad in kleure van jou keuse; 4 mm-breipenne; 4 knopies

Voltooide grootte:
Sowat 18 x  28 cm, maar meet die omtrek en hoogte van jou dompelaar en brei die oortreksel grootter deur breёr randstroke buite om te brei.

Brei so:
Heg aan 29 steke en brei 6 rye reksteek (alle rye regs). Brei verder in koussteek (afwisselende rye regs en aweregs) en volg terselfdertyd die grafiek vir die fair isle-breipatroon. Probeer die spanning so los as moontlik hou en draai drade aan verkeerde kant om mekaar as van kleur gewissel word. Eindig weer met 6 rye reksteek, maar met 4 knoopsgate eweredig in die 3de ry.

Maak knoopsgat so: heg af 1 steek in die 3e ry en heg weer ‘n steek aan in volgende ry reg oor afgehegde steek.

Tel steke aan elke lang syrand op, (1 steek vir elke ry) en brei weer 6 rye reksteek. Heg af.

Afwerking: Maak klam, speld uit volgens mate en laat om droog te word. Werk knopies aan.    

Grafiek

  • lizelle

    Brei patroon

  • Belinda

    Hallo daar.

    Is daar dalk ‘n hekelpatroon vir die koffiepot??

  • rykie

    mm